Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Muezzen" deur FERDI GREYLING
"Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #38997] Wo, 07 Februarie 2001 21:09
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

MUEZZEN
Kensington, Johannesburg


Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.

Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.
Vorige onderwerp: Re: "Gedigte...
Volgende onderwerp: Oogwit - Roelof Temmingh
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:32:51 MGT 2024